Tussen die berge en die Atlantiese oseaan sal u die idilliese dorpie ONRUSRIVIER vind. Enkele minute vanaf die besige en gewilde Hermanus. ONRUS bied u ‘n ontspanne dorps gevoel met ongelooflike natuurlike skoonheid en die voordeel van al die gerief van die groter Hermanus binne bereik. ONRUS is ongeveer 120 km vanaf Kaapstad geleë en in die hart van die Walvis Roete.
Hier sal u hierdie eie titel eenheid vind in n klein sekuriteits kompleks van slegs 6 eenhede en met ‘n baie bekostigbare heffing. Drie slaapkamers en twee vol badkamers is voldoende vir n kleiner gesin, as vakansie akkomodasie of vir enigiemand wat die veiligheid van n sekuriteits area verlang.
Die kombuis, sit en eetkamer is oopplan met deure wat lei na n onderdak braai area en toegang tot die huis kan ook verkry word deur die dubbel motorhuis. Die tuin en huis is in n uitstekende toestand en is sentraal geleë en stapafstand van alle fasiliteite en die strand.
Hierdie is n uitstekende eiendom wat nie gereeld beskikbaar is nie.
Fotos beskikbaar op webwerf www.gtproperty.co.za web verwysing no.532701
• Navrae Lynette – 0825785900
Fotos beskikbaar op webwerf www.gtproperty.co.za web verwysing no.532701
• Navrae Lynette – 0825785900