Guthrie & Theron | Attorneys in the Overberg Region

Indien jy regtig finansiële hulp nodig het om jou kinders te onderhou, is dit belangrik om te weet wie regtens verplig kan word om by te dra.
‘n Onlangse uitspraak van die Hoë Hof het hieroor gehandel. Die media het ook hieroor berig, aangesien dit die regte van grootouers wat kindertoelaes ontvang ook negatief raak.Die vraag oor wie regtens verplig is om finansieel by te dra, is hierin aangespreek. Die volgende mense kan aanspreeklik wees:
  •  Biologiese ouers (getroud of ongetroud),
  • Aanneem ouers,
  • Hierna, indien die ouers nie in staat is om onderhoud in geheel of gedeeltelik te voorsien nie, kan die grootouers aanspreeklik wees. Dit is ouers aan vaderskant sowel as moederskant, ongeag of die kinders se ouers getroud is of nie.
  • Hierna, oorgrootouers (oupa-grootjies en ouma-grootjies),
  • Hierna, die kinders se eie sibbes (broers en susters).
Let daarop dat stiefouers (in teenstelling met stiefouers wat die kinders formeel aangeneem het) slegs ‘n beperkte plig tot onderhoud het. Ander verwante familielede soos ooms en tantes, het interessant genoeg geen regsplig om kinders te onderhou nie, hoewel ons weet dat in praktyk dit dikwels vrywilliglik gedoen word.

Ouma en Oupa se posisie

Dit kan dalk onvoorsiens nodig raak om jou aftreebeplanning op ‘n laat stadium van jou lewe te hersien. As jou seun skei of ‘n kind verwek (of daar beweer word dat hy ‘n kind verwek het) en hy nie in staat is om onderhoud vir die kinders te betaal nie, kan daar na die ouma of oupa gekyk word vir bydraes. As dit met jou gebeur, kan dit beteken dat jy langtermyn finansiële verpligtinge opdoen, op ‘n stadium van jou lewe wat jou finansies eintlik vir ander doeleindes bestem was.

Vir meer inligting kotank Andre du Toit by  +27(0) 28 271 3031, Jacques du Toit by     +27(0) 28 312 3626 of Charl Cilliers by  +27(0) 28 212 1060.

© LawDotNews is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.