Dit klink vanselfsprekend, maar hoeveel van ons lees regtig die hele dokument deur, wanneer ons ‘n ellelange kontrak onderteken? Wat gebeur as jy ‘n kontrak blindelings onderteken sonder om dit te lees? Ons howe gaan jou optrede nie kan verskoon of jou kan help nie.
Hier het ‘n huurder ‘n restaurant in ‘n besige winkelsentrum van die eienaar (en vorige huurder) gekoop. Hy het nooit die bestaande huurkontrak gelees nie en het net aanvaar dat die gebruik van die aangrensende binnehof by die huur ingesluit was. Die vorige eienaar het hom onder hierdie indruk gebring, hoewel daar geen melding hiervan in die skriftelike huurkontrak was nie. Hy kon die Hof ook nie oortuig dat hy op enige ander basis geregtig sou wees om die binnehof te gebruik nie.
Die Hof bevind dat enige redelike persoon wat hom in die posisie van die huurder sou bevind, ten minste die huurkontrak sou deurgelees het om sy regte en verpligtinge as huurder vas te stel. Die Hof verleen dan ‘n uitsettingsbevel wat die huurder verplig om die binnehof te ontruim.
Die goue draad
Indien jy enigsins onseker is oor enige bepaling in ‘n kontrak wat jy moet teken, neem behoorlike advies voordat jy dit blindelings onderteken.
© DotNews, 2005-2012. Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.