BAARDSKEERDERSBOS – SLEGS R3 250 000 VIR DIE NETJIESE, GOEDVERSORGDE KLEINHOEWE
Nuwe vrystelling op Alleenmandaat. 3,2Ha kleinhoewe op die grens van Baardskeerdersbos dorpsgebied. Uitstekende belegging – enigste in sy soort in die area. Baie netjies met gevestigde wingerd en olyfboord onder besproeiing.
Gerestoureerde 2 slaapkamer Strandveld kothuis met en suite badkamers, oopplan sit/eetkamer en kombuis. Nuutgeboude eenslaapkamer tuinwoonstel. Woning is omring deur fynbos en inheemse bome wat 3 jaar terug gevestig is. Onderdak braai met uitsig oor die boorde en vallei. Dubbel motorhuis, werkersakkommodasie en stoorkamer.
Gronddam met boorgatwater word vir besproeiing van wingerd en olyfboord
aangewend.
Ingesluit by die prys: 700m2 erf met boorgat en al die implemente.
Opgradering van pad van gruis na teeroppervlak vanaf Gansbaai/Baardskeerdersbos/ Elim/ Kaap Agulhas het alreeds begin. Belê nou voor pryse styg.
Dit is ‘n moet om te besigtig.
Skakel Helena Swart: 079 528 1919
Verw Nr: 580414
Webblad: www.gtproperty.co.za
HERMANUS SENTRAAL
R3 800 000
BESIGHEIDS GELEENTHEID
Unieke geleentheid om ‘n eiendom te bekom in die verlengde Hermanus besigheidsgebied naby al die nuwe ontwikkelinge en besigste toeriste-area. Ideaal vir besigheidsperseel of vir die innoverende belegger. Hoewel die area steeds residensieel is, word dit tans gebruik as kantore (5 kantore, 2 badkamers en ‘n kombuis), ‘n winkel (2 kamers, 1 badkamer en ruim werkplek) en ‘n 1 slaapkamer woonstel (slaapkamer, badkamer, leefarea en kombuis).
Geleë naby Checkers, Woolworths en Waltons. Dit is ‘n geleentheid vir die belegger met visie. Moenie toelaat dat hierdie geleentheid jou verbygaan nie!
Erf grootte: 595 m²
Gebou grootte: ±350 m²
Tariewe: R684 p/m
Webtuiste: www.gtproperty.co.za
Verw Nr: 580 005
http://www.gtproperty.co.za/property_details.aspx?property_ref=580005
Skakel Hannelie: 082 557 9358
hannelie@gtproperty.co.za
GANSBAAI
ERF TE PERLEMOENBAAI/GANSBAAI: NOU SLEGS R295 000
Foto geneem vanaf die Erf self. So naby die see! Sy is die beste waarde vir geld binne Perlemoenbaai. Ongeveer 70% van die seesig – soos gesien op die foto – is van ‘n permanente aard.
Prys drasties verlaag vanaf R550 000
Geleë binne stapafstand vanaf Stanfords Cove – ons enigste natuurlike swemstrand in die onmiddellike omgewing. Vanaf hierdie perseel sal ‘n ou ‘n walvisfees ervaar – gerig aan slegs ‘n eksklusiewe gehoor. Hierdie erf word omring deur slegs nuwe woonhuise, aangesien Perlemoenbaai eers teen ± 2003 ontwikkel is. Dit sal ook duidelik blyk vanuit 2 verdere foto’s wat op ons webblad gelaai is; gaan verken hul gerus.
Ry deur, teken en keer terug met ‘n Koopooreenkoms in u sak.
Ek glo sy is binne u bestemming.
Mooi dag vir u.
Skakel Johann Dippenaar: 082 926 2066
Verw Nr: 468379
Webblad: www.gtproperty.co.za
ONRUS
HEMEL EN AARDE: R2 750 000
Hierdie pragtige, moderne dubbelverdieping woonhuis – alles in een vlak – bied ‘n ruim oopplan “state-of-the-art” kombuis, sitkamer en eetkamer area wat vloei na ‘n bedekte “L” vormige patio met ‘n pragtige berg en seesigte – ideaal om ‘n sonsondergang met ‘n kelkie te geniet!
‘n Moderne woonhuis in ‘n klas van sy eie: 3 ruim slaapkamers , 3 badkamers, studeerkamer, goedbeplande moderne kombuis met granietblaaie, woon-eetvetrek met ingeboude kaggel, groter as normale afstandbeheerde motorhuise met direkte toegang, studeerkamer en meeste vertrekke wat spontaan vloei na die onderdak stoeparea met berg- en seesigte vir daardie vroeë koffie en beskuit of laatmiddag sonsondergang. Lae onderhoud tuin.
Hemel en Aarde bied die volgende:
- 24 uur gekontroleerde hekingang
- Sauna
- Half-grootte Olimpiese swembad
- Stappaadjies in die pragkompleks
- Veilige speelpark vir kinders
- Gemeenskaplike tuinareas word met sorg onderhou.
- Veilige speelpark vir kinder
- Gelisensieerde Klubhuis
- Tennis- en muurbalbane
- Ten volle toegeruste “gym”
‘n Woonhuis teen ‘n bekostigbare prys geskik vir ‘n koning!
Met trots aangebied deur Marthie: 083 776 6812
Verw Nr: 594205
PRINGLEBAAI
BESIGHEIDSPERSEEL IN PRINGLEBAAI R2 200 000
Die “grande olde dame” in Pringlebaai is te koop. Hierdie landmerk in die middel van die besigheidsentrum het naam gemaak met die restourante wat vandaar bedryf is en word ook tans gebruik vir uitstallings.
Die grondvloer kan gemaklik in 2 verdeel word vir verhuring aan 2 instansies, albei met straatfront – en dit bied ook akkommodasie in die solderverdieping. ‘n Besigheidseiendom in hierdie gesogte posisie kom selde in die mark.
Moenie hierdie waardevolle besigneidsgeleentheid misloop nie.
Skakel Trudi Lotter: 071 353 6217
Webblad: www.gtproperty.co.za
Verw Nr: 586038