Guthrie en Theron, Kleinmond gaan na byna twee dekades na ‘n nuwe gebou aan die einde van Augustus 2013, verhuis.
Die formidabele regsgroep het reeds sedert 1896 sy wortels in die Overberg distrik geskiet. Twee swaers, Frank Guthrie, ‘n Skot, en Charlie Theron, ‘n boer van die Caledon distrik was eertydse die stigters en is Guthrie en Theron sedertdien alombekend vir alle Overbergers van die streek.
Deur die jare het die firma gevestig en bekendheid, getrouheid en lojale ondersteuning by sy kliënte verwerf. Die eertydse kliënte se nasate (en die se nasate) is nog steeds getroue kliënte van Guthrie en Theron en is dit op sigself ‘n riem onder die hart vir die firma en sy vennote.
Die firma het tans takke te Kleinmond, Hermanus, Caledon, Gansbaai en Riviersonderend en word beman deur tien gekwalifiseerde prokureurs.
Gedurende Junie 1995 het Guthrie & Theron se Kleinmond-tak sy deure geopen en sedert Oktober 2003 het André du Toit (junior) die leisels oorgeneem van ‘n eertydse vennoot. Die kantoor self dien getrou die dorp en omgewing in allerlei regsaspekte, wat strek van invorderings, egskeidings, onderhoudsaangeleenthede, uitsettings, ander ingewikkelder litigasie; hetsy in die Landdroshof of Hoë Hof, strafsake, aktes (registrasie van oordragte en verbande), boedelbeplanning, boedelbereddering, asook die opstel van testamente.
Die kantore te Kleinmond het die afgelope jare sodanig gegroei dat nog ‘n gekwalifiseerde prokureur, Marí Müller, onlangs aangestel is. Haar spesialiteitsvelde is algemene litigasie, familiereg (egskeiding- en onderhoudsaangeleenthede); asook skuldhersiening. Afwagtend op haar registrasiesertifikate sal sy ook binnekort as Skuldberader kan optree.
Mnr. André du Toit (vennoot), word bygestaan deur n kandidaatprokureur, Charmé du Toit. Beide is verantwoordelik vir die aktesafdeling (registrasie van oordragte en verbande) en die bereddering van boedels. In die gees van diening van die gemeenskap is daar dan ook goedgedink om gratis testamente vir kliënte op te stel as ‘n blyk van waardering vir getroue en lojale ondersteuning.
Eerskomende Vrydag, 30 Augustus 2013, sal die kantore vir die “GROOT TREK” na Hoofweg 10, Kleinmond (skuins oorkant die pad van die ‘ou” gebou) gesluit wees. Die kantore heropen op Maandag, 2 September 2013 amptelik weer. Let daarop dat die firma se fisiese adres al is wat verander. Die kontakbesonderhede, naamlik die telefoonnommer, (028 271 3031), die faksimilee nommer(028 271 3033) en bestaande e-posadresse sal voortaan onveranderd bly.
Kom deel gerus in die opwinding en besoek die firma by hulle “nuwe tuiste” vir ‘n koppie koffie. Die deure is altyd oop vir ‘n ieder en elk !!!