Sedert die aanbreek van 2016 was daar groot bedrywigheid en heelwat nuwe verwikkelinge by Guthrie &Theron Prokureurs, Caledon.
Onlangs het hulle kantore verskuif na hulle nuwe gebou te Hoopstraat 19, net onder Victoria Mall en langs Heidehof Tehuis vir bejaardes.
Verder het hierdie prokureursfirma nou uitgebrei en bied hulle ook nou die dienste van hul nuwe eiendomsagentskapkantoor op dieselfde perseel aan.
Guthrie & Theron Prokureurs vier ook hierdie jaar met trots hul 120ste verjaardag. Hierdie regsfirma is gestig in 1896 en was sedertdien intrinsiek deel van die geskiedenis van Caledon. Na al die jare van deel wees in die lief en leed van baie van die inwoners van Caledon deur opstel testamente, boedels, oordragte van eiendomme en hofwerk, is hierdie regsfirma nog steeds dinamies bedrywig om daagliks kliënte te voorsien van die regshulp wat hul belange op die hart dra.