Guthrie & Theron | Attorneys in the Overberg Region

“There is no kind of dishonesty into which otherwise good people more easily and frequently fall than that of defrauding the government” (Benjamin Franklin)

Die Hoë Hof het weereens gewys dat belastingontduikers en ander witboordjie- misdadigers geen genade kan verwag nie.

Die misdaad 

‘n Streekshof het ‘n rekenmeester skuldig bevind aan 20 klagtes van bedrog teenoor SARS. Die rekenmeester het verskillende maatskappye met vals inligting geskep en geregistreer; daarna het hy vals fakture en BTW opgawes gegenereer en by SARS ingedien. SARS het onverskuldigde BTW terugbetalings van R425 843-33 uitbetaal, voordat hulle hierdie belastingbedrog ontdek het.

Die vonnis

Die Streekshof het die rekenmeester gevonnis tot gevangenisstraf van sewe jaar, met hierdie vonnis wat in geheel opgeskort is.

Die rekenmeester het sy skuldigbevinding op appèl geneem, met onvoorsiene nagevolge.  Die Hoë Hof het sy skuldigbevinding bekragtig. Die hof was egter nie tevrede met die opgeskorte vonnis nie. Die hof beveel dan dat drie jaar van die gevangenisstraf effektief gemaak moet word en uitgedien moet word. Die oorblywende vier jaar word voorwaardelik opgeskort.

Om hier ‘n vonnis wat in geheel opgeskort is, op te lê, is uitermate toegeeflik en onvanpas, aldus die hof. Die hof maak dit duidelik dat ons samelewing, waar bedrog en korrupsie hoogty vier, in gevalle soos hierdie sterker optrede van die hof verwag. Die skuldige was ‘n gekwalifiseerde rekenmeester en het dus ‘n vertrouensposisie beklee. Die skema het fyn beplanning geverg en is op ‘n deurlopende basis oor ‘n tydperk van maande gepleeg.

NOTA AAN PROKUREURS: Die uitspraak in Joubert v S (A410/11) [2012] ZAGPPHC 5 is beskikbaar op die Saflii webwerf te http://www.saflii.org/za/cases/ZAGPPHC/2012/5.pdf.

© DotNews, 2005-2012. This newsletter is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.