Guthrie & Theron | Attorneys in the Overberg Region

Direkteure en maatskappysekretarisse moet kennis neem dat CIPC (“the Companies and Intellectual Property Commission”) aanbeveel dat all maatskappye – bestaande en nuwe maatskappye – hul geregistreerde kantoor moet opgee as die adres waar die sake van die maatskappy bedryf word. Waar daar meer as een kantoor bestaan, moet die hoofkantoor opgegee word.Die algemene gebruik om die maatskappy se ouditeure as geregistreerde adres op te gee moet dus gestaak word.Hierdie aanbeveling volg op ‘n beslissing van die Hoë Hof waar die Hof die verskille tussen die ou en nuwe Maatskappywet hieroor uitgelig het. In die verlede was dit algemeen dat ‘n maatskappy twee verskillende adresse kon hê. ‘n Geregistreerde adres en dan ook ‘n adres vanwaar sake bedryf is (dikwels beskryf as die primêre plek van besigheid). Die nuwe Maatskappywet vereis uitdruklik dat die geregistreerde adres en die primêre kantoor van ‘n maatskappy dieselfde adres moet wees.

In die spesifieke geval het ‘n dispuut ontstaan oor welke Hof jurisdiksie sou hê. Hier was ‘n aansoek van besigheidsredding en likwidasie van die maatskappy ter sprake. Die Hof bevind dat die Hoë Hof in die Wes Kaap uitsluitlike jurisdiksie het om die aangeleentheid aan te hoor, aangesien die maatskappy se sentrale administrasiekantore, boeke, rekords, bankrekeninge ensovoorts in Kaapstad geleë was.

© LawDotNews is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.