ERVAAR HAAR VELE FASETTE OP ONS WEBTUISTE. TEEN HIERDIE VRAPRYS IS SY MEER KOSBAAR AS KORALE.
BAIE ruim oopplan leefarea cum kombuis.
3 Slaapkamers – almal met ingeboude kaste – waarvan 2 en suite.
3 Badk: 2 met stort en 1 vol (met bad & stort). Aparte buite waskamer. Ook aparte buite toilet. Siersteen. Stapafstand van Kleinbaai hawe. Nuwe hout “deck” met braai – vanwaar puik seesig.
Puik kondisie – somaar puik. Daar is natuurlik ‘n serwituut oor hierdie eiendom geregistreer wat u verplig om – minerale wat op die eiendom gevind word – aan die staat te oorhandig.
Nou het u ‘n groot probleem: sy opsigself is ‘n diamant (van hoë karaat).
Skakel Johann by (082) 926-2066.
Verken haar gerus op ons webtuiste, nl: www.gtproperty.co.za – met 534157 – as haar Verw Nr.
