Guthrie & Theron | Attorneys in the Overberg Region

G&T_DeeltitelIn ‘n onlangse saak van die Hoë Hof, was die regsliggaam van ‘n deeltitelskema onsuksesvol in hul pogings om die eienaar van ‘n deeltitel-eenheid se bestorwe boedel te sekwestreer.Hierdie geval illustreer ook waarom dit so belangrik is om aan die tegniese voorskrifte van die Wet op Deeltitels te voldoen wanneer heffings vasgestel word. Wat op die oog af slegs na ‘n tegniese oorsig mag lyk, kan fataal wees vir die toekomstige verhaling van agterstallige heffings.

Regspersoon en besturende agente neem kennis

Indien die voorgeskrewe vereistes nie nagekom word nie, sal dit ernstige gevolge vir die skema inhou. In hierdie geval bevind die Hof dat die regsliggaam nie kon bewys dat hulle ‘n geldige eis vir uitstaande heffings gehad het nie.

Let daarop dat deeltitelheffings slegs opeisbaar en betaalbaar raak na die behoorlike vasstelling en aanvaarding van sodanige heffings by wyse van ‘n besluit van die regsliggaam se trustees. Die regsliggaam kan dus nie net die heffings by ‘n algemene vergadering laat goedkeur nie, aangesien lede van die regsliggaam die begroting en gepaardgaande heffings by die algemene jaarvergadering moet goedkeur. Die Hof bevind ook dat dit geen verskil maak dat die betrokke eienaar op ‘n latere stadium aanspreeklikheid vir die betaling van agterstallige heffings aanvaar het nie.

Ter opsomming – sonder ‘n formele besluit van die trustees is die vasstelling van heffings ongeldig en kan dit regtens nie verhaal word nie.

© DotNews, 2005-2013. Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.