Eiendomsfokus
August 2, 2013
Guthrie en Theron verhuis!
August 30, 2013

Eiendomsfokus

BAARDSKEERDERSBOS

BAARDSKEERDERSBOS
PRYSVERLAGING – Alleenlik R2,550 000

64ha plaas met uitsig oor wingerd en dam. 4 slaapkamer plaashuis – water uit fontein Evkom krag. Beskik oor bewerkbare / weiding grond en gedeelte fynbos.

Verwysing no. 602631

24ha fynbos land met asemrowende see en berguitsigte – 2 boorgate. Geen geboue. – R1,500 000

Helena 079 528 1919
Verwysing no. 610658
Webwerf: www.gtproperty.co.za

BESIGHEIDSGELEENTHEID

BESIGHEIDSGELEENTHEID
Prys : R2,200 000

Hierdie besigheid wat tans as ‘n supermark bedryf word, het legio moontlikhede. Daar is reeds 2 lokale verhuur op huurkontrak behalwe die supermark. Die supermark gedeelte leen homself uitstekend vir bv. ‘n oogarts, ‘n dokterspreekkamer met apteek en nog ‘n winkel wat ook verhuur kan word, met ander woorde 5 lokale wat inkomste kan genereer. Op die boonste vlak is ook nog genoegsaam spasie vir ‘n woonstel. Daar is baie parkeerruimte. Die erf is 383 vk m en die gebou beslaan 380 vk m. Die prys sluit die gebou plus die lopende besigheid in plus alle voorraad en toerusting. Hierdie gebou kan baie noodsaaklike dienste vir die gemeenskap verseker.

Skakel TRUDI LOTTER by 071 353 6217
Webwerf: www.gtproperty.co.za

Verwysing no. 586021

SANDBAAI

SANDBAAIPrys:  R1,100 000

Nuwe vrystelling naby see. Hierdie huis is uniek aangesien dit ten volle rolstoel vriendelik is. Die huis is pas nuut geverf en geen werk is nodig nie. Die huis bestaan uit drie baie ruim slaapkamers met twee badkamers waarvan een en-suite is.

Vanaf die ingangs portaal is daar n formele sitkamer, aparte familie kamer met skuifdeure na tuin asook n eetkamer wat oopplan is na kombuis. Kwaliteit muureenhede is ingebou in die eetkamer wat oopplan is met die ruim kombuis met aparte opwas geriewe en waskamer. Toegang tot die dubbel motorhuis kan verkry word deur die kombuis. Die eiendom is ten volle ommuur en beveilig met diefwering en alarm.

Soortgelyke eiendomme is baie skaars en moeilik bekombaar so moet nie dat hierdie een deur u vingers glip nie.

Skakel vandag nog Lynette 0825785900
Webwerf: www.gtproperty.co.za
Verwysing no. 608285

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X