Guthrie & Theron | Attorneys in the Overberg Region

G&T_CIPCDie Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (“CIPC”) het nuwe prosedures vir die deregistrasie van maatskappye en beslote korporasies gepubliseer.

Jy kan aansoek doen om die betrokke entiteit vrywilliglik te deregistreer indien:

  • Dit nie meer handel dryf nie, of
  • Dit oor geen bates beskik nie of nie oor genoegsame bates beskik om dit te laat likwideer nie.

Geen vorms word vereis nie, net ‘n brief op die maatskappy of beslote korporasie se briefhoof wat bogenoemde status bevestig en ook:

  • ‘n Belasting uitklaringsertifikaat van SARS, of
  • ‘n Skriftelike bevestiging van SARS dat die maatskappy geen uitstaande belastingverpligtinge het nie.

Moet dit eerder nie sonder professionele kundigheid aanpak nie 

Daar is ook ander formaliteite waaraan voldoen moet word en ook gevolge wat deregistrasie meebring, insluitende :

  • Die verlies aan CIPC beskerming van jou maatskappy of beslote korporasie se geregistreerde naam.
  • Die maatskappy kom wel tot ‘n einde as ‘n regspersoon. Enige onbetaalde skulde bly egter in plek. Jy mag dus steeds persoonlik aanspreeklik gehou word vir hierdie skulde:
    • Op grond van persoonlike borgskappe wat jy namens die maatskappy onderteken het, en
    • Op grond van voortdurende persoonlike aanspreeklikheid van enige direkteure, voorgeskrewe beamptes insluitende senior bestuurders met uitvoerende beheer en aandeelhouers wat aanspreeklikheid kan opdoen vir maatskappyskulde. Hierdie maatskappyskulde spruit dan uit enige optrede of versuim wat plaasgevind het, voordat die maatskappy van die register verwyder is.

© DotNews, 2005-2013. Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.